Sagaria

Sagaria toe begin jy sing gedryf deur die Heilige Gees
Om die Goeie Nuus vir ons te bring dat God by ons sal wees
Die lig wat die duisternis vervang breek in ons wêreld in
En die Verlosser is Sy naam so sing Sagaria sing

O o sing Sagaria sing sing sing
Dra die boodskap oor
Ek val singend saam met jou in want ek het dit ook gehoor

Sing Sagaria sing sing sing
Sing en profeteer
Jesus is Emmanuel en Hy daal uit die Hemel neer

Sagaria ek hoor jou sing van hoe God se plan ontvou
Want God se hart was in beroering toe Hy al ons nood aanskou
En omdat Hy soveel voel oor al ons pyn en stryd
Het Hy vir ons Sy Seun gestuur op Sy perfekte tyd

Sing Sagaria sing sing sing
Dra die boodskap oor
En ek val singend saam met jou in want ek het dit ook gehoor

Sing Sagaria sing sing sing
Sing en profeteer
Jesus is Emmanuel en Hy daal uit die Hemel neer

Jy sing ook van Johannes wat die pad gelyk sal maak
Hy sal profeet wees van die Een wat die groot verskil sal maak
Johannes jou seun sal mense bekeer en doop in die Here se Naam
En al hierdie mense se harte sing vandag nog met jou saam

O o sing Sagaria sing sing sing
Dra die boodskap oor
En ek val singend saam met jou in want ek het dit ook gehoor

Sing Sagaria sing sing sing
Sing en profeteer
Jesus is Emmanuel en Hy daal uit die Hemel neer

En Sagaria ek hoor jou sê Jesus is die More Son
Vir almal wat in duister sit het Hy as die Lig gekom
En vir dié wat leef in die skadu van die dood is daar lewe en daar's rus
Want Hy sal ons voete lei op ‘n pad waar daar vrede is

Mmm mmm sing Sagaria sing sing sing
Dra die boodskap oor
Ek val singend saam met jou in want ek het dit ook gehoor

Sing Sagaria sing sing sing
Sing en profeteer
Jesus is Emmanuel en Hy daal uit die Hemel neer
Sing Sagaria sing

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di