Kyk Na Die Lam

Ons was oppad na Jerusalem
Om die Paasoffer Fees by te woon
My twee jong seuns was by my met die opdrag om te waak
En te sorg dat die lam nie weg sou raak

Sê ons Pappie wat gaan ons daar sien?
Daar is soveel wat ons nie verstaan
Toe vertel ek hulle van Israel en Moses en Abraham
En sê liewe kinders kyk na die lam

Want daar is soveel mense in Jerusalem vandag
Ons sal die lam moet oppas tot die priesters hom kan slag
Toe vertel ek hul van Moses en van Vader Abraham
En sê my liewe kinders kyk na die lam

Toe ons die stad bereik het ek besef daar is iets verkeerd
Daar was ‘n somber atmosfeer, die fees vreugde het ontbreek
‘n Skare het maalend voor op die laates saamgedrom
En soos een man woedend uitgeskree
Kruisig Hom

Ek gryp toe my twee bang kinders om die stad gou te verlaat
Maar ons was vasgevang in die maling in die straat
Waarom moes met Paasfees so ‘n ding gebeur?
Waarom hierdie oproer kon niemand dit dan keer?

Skielik toe ek kyk sien ek drie manne kom
Die eerste een smeek om genade maar almal lag vir hom
Die tweede man was tartend, hy vloek en skel half mal
Ek hoor nou nog hoe hard hy brul toe die sweepslae op hom val

Ek hoor iemand sê daar is Jesus, en ek kon my oë skaars glo
‘n Man so erg gemartel, die dood was in Sy oë
Die bloed vloei uit Sy sere van die dorings op Sy hoof
Deur Sy bloed deurdrenkte klere sien ek Sy rug is oop gekloof

Ek sien Hom toe Hy vooroor val en die kruis Hom grond toe dwing
Die skare jul en skree half hard want Sy kragte gee toe in
Op daardie oomblik wou ek hom ophelp, wou ek my meegevoel net wys
Toe gryp ‘n Romeinse soldaat my arm en skree, jy, jy dra die kruis

Ek het eers geweier maar toe dreig hy my weer
Toe neem ek die bloedbesmeerde kruis van die skouers van die Heer
Ek dra die kruis toe verder waaraan Hy moes gaan hang
Die bloed wat Hy gestort het het gedrup oor my wang

Hulle lei ons toe na Golgota waar hulle spykers deur Sy hande dryf
Ek hoor Hom bid vergeef hul dit, later aan die kruis
Sy oë het gestraal van liefde, o Sy deurnis was so groot
Vader aan U hand gee Ek My gees oor het Hy gesê en toe's Hy dood

Dit was net soos ‘n nare droom waarut ek wakker skrik
Want skielik voel ek twee klein handjies wat aan my klere pluk
My kinders was in trane, geskok en diep geraak
Vader asseblief vergewe ons, die lam het weggeraak

Pappie, Pappie wat het ons gesien?
Wat het als gebeur en wie is daardie man?
Toe neem ek hul in my arms en toe draai ons om na die kruis
En sê ek liewe kinders kyk na die Lam

Curiosità sulla canzone Kyk Na Die Lam di Jan de Wet

Quando è stata rilasciata la canzone “Kyk Na Die Lam” di Jan de Wet?
La canzone Kyk Na Die Lam è stata rilasciata nel 2007, nell’album “50 Gewildste Treffers”.

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di