Hoe Groot Is U
O Heer, my God
As ek in eerbied wonder
En al U werke
Elke dag aanskou
Die son en maan
Die aarde, sterre, wolke
Hoe U dit elke dag so onderhou
Ek sien die veld
Die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor fluister grasse, stroom en wind
O Heer, U sorg
Vir klein, vir groot, vir alles
En U sorg dag
Na dag vir my U kind
Dan moet ek juig
My Redder en my God
Hoe groot is U
Hoe groot is U (Hoe groot is U)
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer
U grote naam
U Seun word mens
In ons gebroke wêreld
Kom vestig Hy
Sy koningsheerskappy
Hy maak weer heel
Wat sonde hier gebreek het
Hy bring weer hoop
En redding ook vir my
U maak ons deel
Van al U grootste werke
U laat ons bid
Heer, dat U ryk mag kom
En kom U weer
In heerlikheid op wolke
Maak U volkome nuut
U eiendom
Dan moet ek juig, my Redder en my God
Hoe groot is U
Hoe groot is U (Hoe groot is U)
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer
U grote naam
Dan moet ek juig
My Redder en my God
Hoe groot is U (Hoe groot is U)
Hoe groot is U (Hoe groot is U)
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer (Hoe heerlik Heer)
U grote naam (U grote naam)