Josua

Josua vir lank was jy ‘n regterhand, ‘n vriend
Vir jou het God die sleutel tot die beloofde land gegee
Tussen oorloë en vegstryd moes jy loop waar God beveel
Om uiteindelik die grondgebied van Kanaan te betree

Maar ek en my huis
Ons sal die Here dien
Ek en my volk
Ons sal Hom vertrou

Al trek ons soms ver
En al loop ons soms swaar
Tot anderkant die horison
Sal God ons bewaar

Josua getrou het jy geveg op God's bevel
In jou lê die vervulling en die seën van Israel
Uit die droë, dorre wildernis het jy ver die land verspied
En by Jerigo die muur verwoes met ‘n groot oorwinnings lied

Maar ek en my huis
Ons sal die Here dien
Ek en my volk
Ons sal Hom vertrou

Al trek ons soms ver
En al loop ons soms swaar
Tot anderkant die horison
Sal God ons bewaar
Tot anderkant die horison
Sal God ons bewaar

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di