Petrus

Simon vriend jy is jy
Maar Simon ek is ook maar net soos jy
Ons altwee volg die Here
Heiliges in vuil klere

Simon ja dit is jou naam, ‘n welbekende visserman
Wat eet en slaap en lewe ja
Simon wat jou gaan aan

Simon laat My lammers wei
Simon pas My skape op
Simon wat met sonde stry bring My skape terug na My

Petrus ja ek hoor die naam
Wat vir jou van nou af aan
Sal herinner aan die trots toe Jesus sê jy is die rots

Waarop ek nou my kerk sal bou
So Petrus Rots dit noem ek jou
Want jy weet en jy sê gewis
Dat ek die Christus is

Petrus laat My lammers wei
Petrus pas My skape op
Petrus rots jy wat bely
Lei My skape terug na My

Satan hoor ek ook die naam
As jy in God se pad kom staan
As Jesus sê staan opsy, jy is ‘n struikelblok vir my

Wat jy bedink is teen my wil so sien hom Petrus, satan stil
My doel is ‘n hoër doel meer as wat jy kan dink en voel

Satan laat lammers wei
Satan pas skape op
O nee die verdwaalde skaap is jy o kry die pad terug na My

Simon, Petrus, satan
Drie name tog net een man
Simon satan Petrus
Weet jy waaneer jy wie is?

Gewone mens of God se mens of mens wat teen hom draai?
Tog bly Hy getrou aan jou as jy die haan hoor kraai

Simon laat My lammers wei
Petrus pas My skape op
Ek weet jou voete is van klei
Laat My skape wei

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di