Laat Ons Weer Begin
Dit voel net soos gister
Toe ons twee voor die Heer
Ons huweliks trou beloof het vir mekaar
Maar deesdae is ons so besig
En van mekaar vervreemd
Al is ons by mekaar voel ons alleen
Laat ons weer begin (Laat ons weer begin)
O kom ons gee Hom al ons hartseer
Vergeet die pyn wat agter lê
Hak weer by my in (Hak weer by my in)
O kom ons bou ‘n nuwe toekoms
Laat ons weer begin
Daar is nog tyd
Die Here het belowe
As twee op Hom vertrou
En hande neem en een word in geloof
Dan sal Hy al die seerkry
In hul huis genees
En ek en jy sal weer gelukkig wees
Laat ons weer begin (Laat ons weer begin)
O kom ons gee Hom al ons hartseer
Vergeet die pyn wat agter lê
Hak weer by my in (Hak weer by my in)
O kom ons bou ‘n nuwe toekoms
Laat ons weer begin
Daar is nog tyd
Laat ons weer begin (Laat ons weer begin)
O kom ons gee Hom al ons hartseer
Vergeet die pyn wat agter lê
Hak weer by my in (Hak weer by my in)
O kom ons bou ‘n nuwe toekoms
Laat ons weer begin
Daar is nog tyd