Genade Onbeskryflik Groot
Verlore seun, 'n wegloopkind
Weer in die Vaderhuis
Ek is die naam van 'n kind nie werd
Ek wou self my sake reël
My lewe, kanse, my tyd en geld
Is nutteloos verspeel
Genade onbeskryflik groot
Het U aan my, aan my bewys
Oh, ek was 'n verlore seun, 'n wegloop, 'n wegloopkind
Maar ek is weer terug, ek is in die Vaderhuis
Maar U, U sien vêr, oneindig vêr
Ja, U sien
My honger, en my dors
Nog voordat ek by U my skuld belei
Toe druk U my aan die bors
Genade onbeskryflik groot
Daar is nou fees, want ek is, ek is weer tuis by U
Oh, want U Seun bring my 'n verlore mens
Weer terug in die Vaderhuis
Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys