Ek Vergewe Jou

Ek vergewe jou al het jy my seergemaak
Ek vergewe jou al het dit my diep geraak
Ek vergewe jou want so het God besluit
Daarom kies ek nou teen my hart se bitterheid

Here help vir my om my oordeel te laat gaan
Here help vir my om as regter nie te staan
En ek besluit dit nou ek sal vergewe en vergeet
Van die bitterboom se vrug
Wil ek nooit weer van eet

Ek vergewe jou al het jy my hart gebreek
Ek vergewe jou al het die dolke diep gesteek
En ek weet dit nou al doen jy dit weer en weer
Dan vergewe ek sodat liefde kan regeer

Ek het eers gesê ek sal nooit vergewe nie
Ek het eers gesê ek vergeet dit nooit weer nie, want so het ek gesê jy het gemors met my
Maar toe sê God vir my
Jy moet vergewe en word vry

Ek word toe vry van al my bitterheid
Ek word toe vry van die diep en donker kwaad
Ek word toe vry van alles wat my seermaak
Ek word toe vry van my hart

Ek kies vir vryheid, ek kies vir lewe
Ja ek kies nou vir die wil van die Here
Ek kies vir vryspraak en vergifenis
Ek kies vir vrede en vir rus

Ek vergewe hom
Ek vergewe haar
Ek vergewe jou
Ek vergewe nou
Ek vergewe God
Ek vergewe my
Ek vergewe jou ek spreek jou vry

Curiosità sulla canzone Ek Vergewe Jou di Jan de Wet

Quando è stata rilasciata la canzone “Ek Vergewe Jou” di Jan de Wet?
La canzone Ek Vergewe Jou è stata rilasciata nel 2007, nell’album “50 Gewildste Treffers”.

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di