Ek is...

Wat dink mense, wat sê hul van My?
En koerante wat skryf hul oor My?
Is ek fabel, fiksie of ‘n feit?
Is Ek in of is Ek uit?

En was Ek net ‘n oomblik in die wind?
‘n Storieboek verhaal, ‘n Kersfees Kind?
‘n Toring met ‘n klok wat boontoe wys?
‘n Man wat kaal hang aan ‘n kruis?

Ek is die Weg en die Waarheid, die Lewe
Ek is die lig vir jou maan
En Ek oorval jou met sprankel en vrede
Ek is jou blink helder pad

Ek vul jou hart met die sin van die lewe
Ek hou My hand oor jou vrees
Ek ken die plan wat ontvou uit jou gene
En Ek weet wat jy kan wees

Wat sê mense, wat dink hul van My?
En wat wys die TV nuus oor My?
‘n Paternoster vir ‘n oggend mis?
Is dit wie jy dink Ek is?

En is Ek soos die teologie dit leer?
‘n Katedraal, ‘n nuwe wierook geur?
Maar net ‘n Kinderbybel spesialis?
Is dit regtig wie Ek is?

Ek ken jou lewe, jou drome, jou stasies
Ek loop die pad met jou saam
En by die doodloop van jou aspirasies
Wys Ek ‘n beter weg aan

Ek’s die vervulling van jou mooiste drome
Ek is jou asem, ek wil
Jou hart laat oorloop met lewende strome
Net Ek kan jou honger stil

Mense filosofeer oor My en vra het Ek ‘n woord en stem?
Soveel twyfel en praat oor My, as hul My hart net kon ken

Ek is die Weg en die Waarheid, die Lewe
Ek is die lig vir jou maan

Jou hart oorval ek met sprankel en vrede
Ek is jou blink helder dag
Ek ken die broosheid en seer van jou lewe
Ek is jou hoop en jou krag

Ek sorg vir jou soos ‘n boer vir sy skape
Ek les jou heel grootste dors
En as jy leef in gevaarlike strate
Hou Ek jou na aan my bors

Ek is die Weg en die Waarheid, die Lewe
Kom na my, kom les jou dors

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di