Die Duiwel Sê Vir My

Die duiwel sê vir my, jy sê vir almal jy's bekeerd
Kyk net al jou sonde daar is baie goed verkeerd
Jy hou jou wel so heilig maar jy weet ek ken vir jou
Eintlik is jy glad nie so ‘n Christilike ou

Jy sukkel met jou taal en o het jy ‘n humeur
Vir prentjies in jou kop kan jy ook soms glad nie keer
Nee regtig jou bekering was ‘n goeie flop gewees
Toe trek ek teen die duiwel maar die sward van die Gees

En ek sê lewe (Hy gee my lewe)
Hy gee my lewe (Hy gee my lewe)
Sy bloed het (Ja Sy bloed het)
My skuld vergewe

Al maak ek foute (Al maak ek foute)
Ek weet Hy is lief vir my
Jy of niemand duiwel sal my van Hom kan skei

Toe lieg hy verder en hy sê, onthou jy daardie ding?
Dit het vir jou groot skaamte en skande gebring
Toe sê ek luister duiwel my verlede is verby
My sonde is begrawe en dit lê nou agter my

Toe lieg hy weer vir my en sê jy sal dit nooit kan maak
Jy is maar net ‘n liggewig en geestelik bietjie vaak
Ek het ‘n lys van alles wat jy dink en doen en lees
Toe antwood ek die duiwel man ek het niks om te vrees

Want lewe (Hy gee my lewe)
Jesus gee lewe (Hy gee my lewe)
Oe Sy bloed het my skuld vergewe

Voor God se oë (Voor God se oë)
Staan ek volmaak en skoon
En ek weet ek gaan vir ewig saam met Hom woon

Die duiwel lieg vir my en sê geloof is uit vir jou
Jy stress te veel en almal sien jou liggie brand te flou
Kyk net na die reuse van geloof hoe hard hul werk
Ek dink jy moet nog eers ‘n bietjie uitstyg in die kerk

Hy draai toe om vir my te sê jy gaan alles verloor
Want as jy vir die Here kies bly daar net swaarkry oor
Hy bied my toe sy skatte aan en vra kan jy dit tel?
Toe sê ek in die hemel is meer goud as in die hel

Want Jesus, die bron van lewe
Hy gee oorvloed van lewe, ja ware rykdom het ek by Hom gekry
Ek vrees ook nie oor more nie want Hy sorg mos vir my

Ek sê toe luister duiwel jy's die vader van die leuens
Ek ken die donker planne van jou en al jou seuns
Gaan weg van my ek glo jou nie, jou woorde is net wind
My hart behoort aan Jesus ek weet ek is Sy kind

O lewe (Hy gee my lewe)
Hy gee my lewe (Hy gee my lewe)
Sy bloed het (Ja Sy bloed het)
My skuld vergewe

Voor God se oë (Voor God se oë)
Staan ek volmaak en skoon
En ek weet ek gaan vir ewig saam met Hom woon

Canzoni più popolari di Jan de Wet

Altri artisti di