As Die Lewensstorme
As die lewensstorme woedend om jou slaan
En jy gaans ontmoedigig vrees om te vergaan
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk
As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn
As die kruis te swaar word en jou krag te klein
Tel jou seëninge dan vlug twyfel heen
En jy sien God's goedheid laat jou nooit alleen
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk
As jy let op ander met hul goud en eer
Dink dan God beloof jou nog oneindig meer
Tel jou seëninge weet dat prag en praal
Nooit die minste van die hemel kan behaal