Ewige rots gebreek vir my
Ewige Rots, gebreek vir my
Laat my veilig in U bly
Aan die kruis het die Lam van God
Offer Lam vir my geword
Daarom wil ek altyd sing
Aan U Heer, my lewe bring
Wat kan ek dan bring of doen?
Om my sonde te versoen?
Sou my hart van ywer gloei?
Sou my trane ewig vloei?
Nog gebede of geween
Kan my red Heer, U alleen
Gaan my lewensvlam dan uit
As die dood my oorsluit?
Moet ek van die wêreld gaan
Om voor U my God te staan?
Ewige Rots, gebreek vir my
Laat my veilig by U bly
Ewige Rots, gebreek vir my
Laat my veilig by U bly
Laat my veilig by U bly
Laat my veilig by U bly