Wie Kan Die Liefde Ooit Verstaan

Sterre nag
Jy wat so stil buite my venster wag
En in jou skoot kan ek my drome pak
Net jy weet van my diepste wens

Harsteer nag
Waarom moet ek dan al die leuens verdra?
Hoe lank moet ek dan vir beloftes wag?
Weet jy miskien, kan jy my sê hoe lank?

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Wat soveel vrae laat ontstaan
Dit bring twee mense bymekaar en dan
Verdwyn dit skielik weer

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Dit hou ons harte aan die brand
Maar dan strook ruwe winde van bedrog
Weer daardie drome weg

Nag van hoop
Ja waar deur al my hart se vrae loop
Wat nuwe kepe kerf in my gemoed
Kan jy miskien ‘n antwoord hê vanaand?

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Wat soveel vrae laat ontstaan
Dit bring twee mense bymekaar en dan
Verdwyn dit skielik weer

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Dit hou ons harte aan die brand
Maar dan strook ruwe winde van bedrog
Weer daardie drome weg

Ons ry op golwe as die liefde gety
En dans op wolke van goud (Goud)
Maar al ons drome verkrummel so gou
As daardie liefde nie hou

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Wat soveel vrae laat ontstaan
Dit bring twee mense bymekaar en dan
Verdwyn dit skielik weer

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Dit hou ons harte aan die brand
Maar dan strook ruwe winde van bedrog
Weer daardie drome weg

Wie kan die liefde ooit verstaan?
Dit hou ons harte aan die brand
Maar dan strook ruwe winde van bedrog
Weer daardie drome weg

Curiosità sulla canzone Wie Kan Die Liefde Ooit Verstaan di Rina Hugo

Quando è stata rilasciata la canzone “Wie Kan Die Liefde Ooit Verstaan” di Rina Hugo?
La canzone Wie Kan Die Liefde Ooit Verstaan è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Rina”.

Canzoni più popolari di Rina Hugo

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)