Ek Vind Geen Skuld In Hom

(Pilatus het vir Jesus geneem en Hom laat geesel)
(En die soldate het 'n doringkroon gevleg en dit op Sy kop gesit)
(Hulle't vir Hom 'n pers mantel aangetrek en gesê)
(Ons groet U, Koning van die Jode)
(Maar Pilatus het vir die Jode gesê, kyk)
(Ek bring Hom vir julle sodat julle kan weet)
(Ek vind geen skuld in Hom nie)

Kyk die Lam op Golgota
Hoe Hy ly sonder 'n woord
So gegesel en geslaan
Hy't dit vir my verdra

Hul deurboor Hom, die Lam van God
Totdat Sy bloed vir ons kon vloei
Ek weet nou Jesus red ons, ons kan lewe
En ek vind geen skuld in Hom

(Pilatus het vir Jesus buite toe gebring en vir die Jode gesê)
(Hier's julle Koning)
(Maar hulle't geskreeu, vat Hom weg, kruisig Hom)
(En Jesus het uitgeroep)
(Vader in U hande gee ek my gees oor)
(En die laaste asem uitgeblaas)
(En die offisier wat dit gesien het, het gesê)
(Hierdie man was werklik onskuldig)

Hul deurboor Hom, die Lam van God
Totdat Sy bloed vir ons kon vloei
Ek weet nou Jesus red ons, ons kan lewe
En ek vind geen skuld
Ek vind geen skuld
Ek vind geen skuld in Hom

Curiosità sulla canzone Ek Vind Geen Skuld In Hom di Rina Hugo

Quando è stata rilasciata la canzone “Ek Vind Geen Skuld In Hom” di Rina Hugo?
La canzone Ek Vind Geen Skuld In Hom è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Wat 'n Vriend Het Ons In”.

Canzoni più popolari di Rina Hugo

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)