Wanneer Sterre Verskiet
Die stad se ligte flikker op die ritme van jou hart
Daar's weerlig in jou kop so kom en hou my hand my skat
Jy dwaal in my gedagte so ek sukkel om te slaap
Die warrrelwinde draai my om jou pinkie dis te laat
Daars eggos van eergister so hou jou ore toe
Maar luister vir my woorde en voel dit in my soen
Ek val al so lank dit voel of ek vlieg
Ek wens vir jou hart wanneer sterre verskiet
Ek val al so lank dit voel of ek vlieg
Net een sluk van jou dan het ek
Dronk verdriet (Dronk verdriet, dronk verdriet)
Dronk verdriet (Dronk verdriet, dronk verdriet)
Woestyn hier in jou hart en ek's die wolke maak dit nat
So naby, jy moet net jou hande uitsteek en dit vat
Jy swem in jou emosies te naby aan verdrink
Jou trane reën hier op my wang vanaand het jy oordink
Dis lente jy dra bloeisels, 'n blom wat almal soek
Jy's asem in my longe en suurstof in my bloed
Ek val al so lank dit voel of ek vlieg
Ek wens vir jou hart wanneer sterre verskiet
Ek val al so lank dit voel of ek vlieg
Net een sluk van jou dan het ek
Dronk verdriet (Dronk verdriet, dronk verdriet)
Dronk verdriet (Dronk verdriet, dronk verdriet)
Dan het ek
Ek val al so lank dit voel of ek vlieg (Dronk verdriet)
Net een sluk van jou dan het ek
Dronk verdriet