Verslaaf

Donker aande dan skaterlag
Veroorsaak trane maar maak my dag
Elke keer as ek probeer om jou op te gee
Dan vat jy my net weer

Jy’s my slegte gewoonte
Ek soek meer van jou
Jy’s my hemel op aarde
Maar die hel wat my terug hou

Gee my medikasie asseblief
Want ek moet vergeet van jou
Rehabiliteer my asseblief
Want ek’s verlsaaf aan jou

Deur my are laat in die nag
My liggaam bewe jy sit en lag
Jou liefde maak net seer ek’s op my knieë
Maak die ons laaste keer, ek kannie meer

Jy’s my slegte gewoonte
Ek soek meer van jou
Jy’s my hemel op aarde
Maar die hel wat my terug hou

Gee my medikasie asseblief
Want ek moet vergeet van jou
Rehabiliteer my asseblief
Want ek’s verlsaaf aan jou

Jou parfuum hier op my kussings
Maak my ontrekkings erger
Dis moeilik om jou op te gee (Op te gee)

Wat jy doen aan my is giftig
My kop sê wees versigtig
Dis my hart wat nie kan aan beweeg

Ek probeer ek sweer
Ek sê dit elke keer
Maar ek het geen beheer

Jy’s my slegte gewoonte
Ek soek meer van jou
Jy’s my hemel op aarde
Maar die hel wat my terug hou

Gee my medikasie asseblief
Want ek moet vergeet van jou
Rehabiliteer my asseblief

Want ek’s verslaaf aan jou

Canzoni più popolari di Georic Lomas

Altri artisti di Dance pop