Jy Is Vrou

Jy wek my in die môre
As die dou gras waak
Fluister wasem woorde teen my wange aan
Hoor die stille geraas
Voel jou asem rustig blaas
En die duining van jou bors
Jy’s ‘n wonderwerk
Soos ‘n ongebyte appel
Blink jy regdeur my

En ons dans op die wieke van 'n lentewind
Deur jou glinsterhare
Breek 'n beeld
Dronk van vreugde
Vars vol lewe
Jy is vrou
Vlindervlerke soos satyn

O, niks is dan mooier
As jou bruin bolle oë
In liefdeskuld
Getoë
Jy is vrou
En my arms kan jy hou

O, niks is dan mooier
As jou bruin bolle oë
In liefdeskuld
Getoë
Jy is vrou
Jy is vrou

Jy is vrou
Jy is vrou

Jy is vrou
Jy is vrou

Canzoni più popolari di Danie Niehaus

Altri artisti di Afrikaans