Die Heiland Is Gebore

Die Heiland is gebore in stille Betlehem
By blye Engelsange voeg ek my hart en stem
So lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy Seun
Sy enigste gegee het as Middelaar en Steun

Kom na die krip so nederig daar lê die Kindjie teer
Hy is die spruit van Dawid Hy is ons liewe Heer
O hoor ons sing Heer Jesus en neem ons loflied aan
Dis nêrens vir ons beter as aan U sy te staan

Word U uit sondaarsliefde 'n Kindjie swak en klein
O Jesus maak ons almal getrou aan U en rein
Wou U uit gunsehemel op aard by ons kom woon
Dan bied ons nou ons harte U liewe Heer tot troon

Canzoni più popolari di Danie Niehaus

Altri artisti di Afrikaans