Ek Loop Die Pad

Ek loop die pad al lank, my lam
So kaalvoet deur die kou
Van doeriekant se doringveld
En kyk hoe lyk ek nou

Ek loop die pad so sonder hoed
Deur son en wind en grou
So kaalvoet op die slingerpad
En kyk hoe lyk ek nou

My lam, die gras is soms so groen
Die son is soms so lou
Maar ek loop die pad alleen my lam
En kyk hoe lyk ek nou

Onthou jy nog hoe ons kon loop?
So loslyf en verspot
So vlieg vlieg oor die koppies heen
'n Ragab en Lot

Maar nou loop ek alleen, my lam
So kaalvoet deur die kou
En soms, net soms, dan wonder ek
My lam, waar is jy nou?
En soms, net soms, dan wonder ek
My lam, waar is jy nou?

Canzoni più popolari di Danie Niehaus

Altri artisti di Afrikaans