Uit Klip Gekap

'n Vrou
Alleen
Is uitgekap in klip en steen

Haar pyn
Haar seer
Word diep gebere en beheer

En stadig maar seker
Leer sy die trane keer

Gee my, gee my net 'n rede
Bring my hart sy vrede
Wys my net die plan hier, wees my lig in donker
Ek weet ek sal weer op staan, 'n vrou kan baie vat
Want sy's uit klip gekap

En weg
Was jy
Geskeur my hart hier uit my sy

Geen hoop
Geen droom
My siel is saam met jou verniel

En stadig maar seker
Maak die jare my weer heel

Gee my, gee my net 'n rede
Bring my hart sy vrede
Wys my net die plan hier, wees my lig in donker
Ek weet ek sal weer op staan, 'n vrou kan baie vat
Want sy's uit klip gekap

My hande is my vrede, my voete is my rigting, ek loop die pad alleen

Gee my, gee my net 'n rede
Bring my hart sy vrede
Wys my net die plan hier, wees my lig in donker
Ek weet ek sal weer op staan, 'n vrou kan baie vat
Want sy's uit klip gekap

Wys my net die plan hier, wees my lig in donker, ek weet ek sal weer op staan, 'n vrou kan baie vat
Want sy's uit klip gekap
Sy's uit klip gekap
Sy's uit klip gekap

Canzoni più popolari di Corlea

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)