Ek Skyn (Heilig)

Te vinnig, te veel
Ek sal al my beloftes breek
As jy my net ‘n kans kan gee

Wie sal vir my liefde maak?
Wie sal vir my liefde maak
As die somer so lekker is hoekom voel ek so fucked?

Ek skyn
Ek skyn heilig onder die straatlig, onder die maanlig
Sê vir my as die rewolusie verby is

Geliefdes
Oe ek weet
'n Hond sal altyd na sy braaksel toe terug keer

Moenie so verbaas wees nie
Gooi net ‘n bietjie vet op die vuur
Doos siek en melankolies

Ek skyn
Ek skyn heilig onder die straatlig, onder die maanlig
Sê vir my as die rewolusie verby is

Ek bly verveeld
En my bene is seer
Ek staan voor jou deur en my kop klop

Genade onbeskryflik groot
Ek is die hel in
Bibber en beef, die boere bedriëer
Die wêreld gaan jou haat my seun
As jy die waarheid praat gaan hulle jou wil dood maak

Ek skyn, ek skyn heilig onder die straatlig, onder die maanlig
Sê vir my as die rewolusie verby is

Ek bly verveeld, en my bene is seer
Ek staan voor jou deur en my kop klop weer

Canzoni più popolari di Corlea

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)