Grassade

Ek loop maar kat voet deur my woorde
Soos deur die bittermooi Karoo
En iewers skuil daar nog akkoorde
Mmm iewers waai 'n rolbos vas

Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Ek speel op die walle van die groot rivier
Begrawe my drome in die sand
'n Sterretjie vir Kersfees is nie te veel gevra
Noem hom sommer maar my na

Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Canzoni più popolari di Corlea

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)