Dankie

Ja ek het gedink hier kom moeilikheid
Ja ek het gesien hoe jy vir my kyk
Oe ek het gewonder of jy voel wat ek voel hier diep binne my?

Ja ek het gedink als is wit en swart
Ek het gesien hoe loop jy weg met my hart
Oe jou oë praat my oë se taal, dis wat ek bering

Mmm en die rooi liggies flikker wild in my kop ja
Mmm en ek wens ek het geweet

Maar ek sê dankie vir wat jy my geleer het
Dankie, vir wat met my gebeur het
Dankie, dankie
Wat nie dood maak nie maak sterker

Dankie dat jy my hart gebreek het
Dankie dat jy op my verneuk het
Dankie, dankie
Wat nie dood maak nie maak sterker

Jy't presies geweet hoe ek voel oor jou
Jy't jou hart opsetlik weg gehou
Oe jy het die rook in my oë geblaas, onder jou duim gehou

Mmm en die rooi liggies flikker wild in my kop, ja
Oe en ek wens ek het geweet

Maar ek sê dankie vir wat jy my geleer het
Dankie, vir wat met my gebeur het
Dankie, dankie
Wat nie dood maak nie maak sterker

Dankie dat jy my hart gebreek het
Dankie dat jy op my verneuk het
Dankie, dankie
Wat nie doodmaak nie maak sterker

Vir die skree en die lag en die trane
Vir die lief en die seerkry aande
Al ons drome en al ons planne

Ek sê dankie vir wat jy my geleer het
Dankie, vir wat met my gebeur het
Dankie, dankie
Wat nie dood maak nie maak sterker (Dankie)

Vir die skree en die lag en die trane
Vir die lief en die seerkry aande
Al ons drome en al ons planne
Wat nie doodmaak nie maak sterker (Dankie)

Oggendure gesels in my kamer
En die lewe kan wag tot later
As ons groet sien ek jou nie vir maande
Wat nie doodmaak nie maak sterker

Ek's nie dood nie ek is sterker

Canzoni più popolari di Corlea

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)