Treinie Taljaard Se Teeparty

Goue kaartjies uitgestuur, datum, tyd die plek en uur
Faks of bel of skryf 'n brief, antwoord asseblief
Tafels mooi met sy bedek, soek jou naam en neem jou plek
Maak jou glas net halfpad vol, want dis mos protokol

Treinie Taljaard se teeparty, het iets van alles wat jy kan kry
Die nuutste modes om oor te praat, die jongste stories van Troebelstraat
Trienie Taljaar se teeparty, is heel die beste in ons kontrei
Daar's 'n storie in elke tert, elke proe is die moeite werd

Hierdie romp, sê Mevrou de Beer, is tuis ontwerp, maar egte leer
Hierdie ring en daardie knoop, in Amsterdam gekoop
Weet jy, sê Mevrou Du Plooi, my man en ek is uitgenooi
Na die withuis in Amerika, ek wonder wat ek gaan dra

Treinie Taljaard se teeparty, het iets van alles wat jy kan kry
Die nuutste modes om oor te praat, die jongste stories van Troebel straat
Trienie Taljaar se teeparty, is heel die beste in ons kontrei
Daar's 'n storie in elke tert, elke proe is die moeite werd

Treinie Taljaard se teeparty, het iets van alles wat jy kan kry
Die nuutste modes om oor te praat, die jongste stories van Troebel straat
Trienie Taljaar se teeparty, is heel die beste in ons kontrei
Daar's 'n storie in elke tert, dit was alles die moeite werd

Curiosità sulla canzone Treinie Taljaard Se Teeparty di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “Treinie Taljaard Se Teeparty” di Carike Keuzenkamp?
La canzone Treinie Taljaard Se Teeparty è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Net Een Soos Jy”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)