Die Kat Kom Weer

ROBIN NETCHER

Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou nie wou verlaat
Hy't alles geprobeer om die kat daar weg te keer
Selfs na die predikant om raad van hom te kry
Die predikant die het gesê, die kat moet daar bly

Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag
Die kat kom weer net die volgende dag
Die kat kom weer, glo vir my, dis waar
Die anderdag môre was die kat weer daar

Hul sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon
Die skip die was gelaai met 'n twaalf-duisend ton
Nie ver nie van die land daar het die skip gesink
En al die matrose op die skip het verdrink

Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag
Die kat kom weer net die volgende dag
Die kat kom weer, glo vir my, dis waar
Die anderdag môre was die kat weer daar

Die boer die sweer toe blou, ja, hy sou die kat doodskiet
Hy laai toe sy ou Sanna met kruit en dinamiet
Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom
Die anderdag môre lê daar net vel en been

Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag
Die kat kom weer net die volgende dag
Die kat kom weer, glo vir my, dis waar
Die anderdag môre was die kat weer daar

Die kat sit op die stoep en hy eet 'n stukkie kaas
Daar kom 'n Skotsman aan, hy maak 'n groot geraas
Die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot
Die Skot speel Britannia, die kat skrik hom dood

Maar sy gees kom weer want hy wil nie langer wag
Sy gees kom weer net die volgende dag
Sy gees kom weer, glo vir my, dis waar
Die anderdag môre was sy gees weer daar

Curiosità sulla canzone Die Kat Kom Weer di Carike Keuzenkamp

Chi ha composto la canzone “Die Kat Kom Weer” di di Carike Keuzenkamp?
La canzone “Die Kat Kom Weer” di di Carike Keuzenkamp è stata composta da ROBIN NETCHER.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)