Piet My Vrou
Dis lente in die Boland, kom hoor die Piet-my-vrou
Hy soek soos al die mense 'n maat om mee te trou
Piet-piet, piet-piet, my vrou waar is jy nou
Ek is nog nie jou vrou nie, jy moet eers nessie bou
Dis lente in die Boland en al die voëltjies trou
Piet-piet my liewe vroutjie, ag wat makeer jou nou
Piet-piet, piet-piet, my vrou jy moet onthou
'n Piet-my-vroutjie kêrel kan mos nie nessie bou
Piet-piet, piet-piet
Piet-piet, piet-piet, my vrou jy moet onthou
'n Piet-my-vroutjie kêrel kan mos nie nessie bou
Piet-piet, piet-piet
Dis lente in die Boland, die voëls het nes gebou
Maar 'n geleende nessie, dis al vir Piet-my-vrou
Piet-piet, piet-piet, my man jy't my gevang
As ek nie met jou trou nie dan bly ek wede-vrou
As ek nie met jou trou nie dan bly ek wede-vrou, piet-piet