Ou Pappa Smurf

Vertel my watter smurf het die langste baard
(Ou pappa smurf sin is lank en dis wit)
Sy baard is so lank dit raak aan die grond
(En al die klein smurfies swaai graag daaraan rond)

Hy is baie sterk en tog alte gaaf
(Die kinders geniet dit as hy hulle terg)
Maar as hulle stout is, word ou pappa kwaad
(Dan blaas hy so hard dat die kranse weergalm)

Ou pappa smurf is sterk en hy's slim, hy's lief vir die kinders en lief om te sing
Ou pappa smurf is ook baie gaaf, hy's lief vir mooi stories en hy's lief om te sing

Die mense vertel van ou pappa smurf
(Toe hy klein was, was hy soms te groot vir sy skoen)
Hy kon boom klim en klouter so vinnig en rats
(En hy kon swaai soos 'n aap aan 'n tak)

Ou pappa smurf kan mooi stories vertel
(Sy oë glinster van pure genot)
Hy vertel toe hy klein was, baie jare terug
(Toe die son snags geskyn het en die maan in die dag)

Ou pappa smurf is sterk en hy's slim, hy's lief vir die kinders en lief om te sing
Ou pappa smurf is ook baie gaaf, hy's lief vir mooi stories en hy's lief om te sing

Ou pappa smurf is sterk en hy's slim, hy's lief vir die kinders en lief om te sing
Ou pappa smurf is ook baie gaaf, hy's lief vir mooi stories en hy's lief om te sing

Curiosità sulla canzone Ou Pappa Smurf di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “Ou Pappa Smurf” di Carike Keuzenkamp?
La canzone Ou Pappa Smurf è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Carike In Smurfland”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)