Ons Gaan Kamp

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Ons
Gaan die naweek kamp
Maar eers
Moet ons als in pak
Ons
Kry ons goedjies gereed
Moet als onthou liefs niks vergeet

Ons tent en stoele en 'n mattras
'n Stoof en lamp wat werk met gas
Ons kos en 'n water en bottel daarby
Ons klere en swemgoed moet als saam ry

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Langs
Die rivier gaan ons staan
Ons sit die pale gou-gou in
Dan
Kan ons beddegoed bring
En nou gaan al die pret begin

Ons swem en lê daar in die son
Vang vis en ry met fietse rond
Teen skemer brand 'n lekker vuur
Braai vleis, gesels dis lekker hier

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
Ons gaan slaap onder die sterre en die maan
Ons gaan kamp kamp kamp, ons gaan tent op slaan
In die vars lug gaan ons lekker ontspan

Dis lekker om te kamp

Curiosità sulla canzone Ons Gaan Kamp di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “Ons Gaan Kamp” di Carike Keuzenkamp?
La canzone Ons Gaan Kamp è stata rilasciata nel 2010, nell’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 7”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)