Na, Na, Na, Na
Ons speel almal saam op hierdie lekker sonskyn dag
Vakansietyd is pret en ons almal skaterlag
Ghoempie het gaan wegkruip en dis ons beurt om te soek
Almal na die tuin en ons soek van hoek tot hoek
Toe hoor ons (Na, na, na, na, julle kan my nie kry nie)
(Na, na, na, na, jul moet maar lekker soek)
En hy sing (Na, na, na, na julle kan my nie kry nie)
(Na, na, na, na daai's die verkeerde hoek)
Ons soek hom hier ons soek hom daar, almal voel skoon deurmekaar en
(Na, na, na, na) Hou hy aan met roep
Ghoempie is nie hier nie en ons verlaat die tuin
Ons begin nou wonder of het hy dalk verdwyn (Hulle dink ek het verdwyn)
Ons hardloop in die huis in en gaan in die kamer soek (Verkeerde plek)
Ons skuif die meubels rond en hoop dat hy weer roep (Nou raak julle koud)
En daar hoor ons (Na, na, na, na julle kan my nie kry nie)
(Na, na, na, na, jul moet maar lekker soek)
En hy sing (Na, na, na, na julle kan my nie kry nie)
(Na, na, na, na daai's die verkeerde hoek)
Ons soek hom hier ons soek hom daar, almal voel skoon deurmekaar en
(Na, na, na, na) Hou hy aan met roep
Die kamers is dolleeg, ons wil die motorhuis deursoek
Net toe ons daar aankom, hoor ons Ghoempie roep
Ons hardloop weer na buite en wie sal mos daar staan (Ek)
Net daar op die gras met sy hardloop skoene aan (Hier gaat ek)
Daar gaan hy (Na, na, na, na julle kan my nie vang nie)
(Na, na, na, na vang my as julle kan)
En hy sing (Na, na, na, na julle kan my nie vang nie)
(Na, na, na, na, ek hardloop julle bang)
Hy hardloop hier, hy hardloop daar, hardloop ons skoon deurmekaar
(Na, na, na, na vang my as jul kan)
(Na, na, na, na julle kan my nie vang nie)
(Na, na, na, na vang my as jul kan)
En hy sing (Na, na, na, na julle kan my nie vang nie)
(Na, na, na, na, ek hardloop julle bang)
Hy hardloop hier, hy hardloop daar, hardloop ons skoon deurmekaar (Hier, daar)
(Na, na, na, na) Ons het hom gevang