Moet Ek Gaan Met Lee Hande
Kom alle getroues, vrolik en vol vreugde
O, kom in die gees nou na Betlehem
Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore
Kom buig daar in aanbidding
Kom buig daar in aanbidding
Kom buig daar in aanbidding voor Jesus die Heer
Hoor die blye eng'le lied aan die Koningseun gebied
Vrede op aarde, God die eer, Hy daal tot die sondaar neer
Almal wat Hom liefhet sing om Hom lof en dank te bring
Almal, juig met hart en stem, God word mens in Betlehem
Hoor die blye eng'le lied aan die Koningseun gebied
Die Heiland is gebore soos eeue reeds voorspel
Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel
Met blye hemelkore wil ons ook juig en sing
Ons Heiland is gebore, dis Hy wat redding bring
Die lig kom na die wêreld in Jesus Christus Heer
Uit liefde vir die mensdom daal Hy as dienskneg neer
So lief het God die wêreld Hy gee vir ons Sy Seun
So word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun
Kom kinders besing met `n vrolike stem
Die wonder van God in die stad Betlehem
Want daar is die Heiland gebore die nag
Die hoop van die wêreld deur eeue verwag
Ons bring soos die herders en engele weer
Aan Hom alle hulde ons Heiland en Heer
Verlos van die sonde besing ons tesaam
Die roem en die eer van Sy Heerlike Naam
Die roem en die eer van Sy Heerlike Naam