Gouelokkies

Drie beertjies het in die woud gebly en pappa beer sny gras
Klein beertjie vra of hy kos kan kry want sy magie grom soos 'n leeu wat brom
Mamma beer maak gou 'n plan en maak 'n groot pot pap
Maar toe hul van die pap probeer moes beertjie gou 'n lessie leer

Laat die pap eers goed afkoel voor jy dit wil eet
Anders gaan jy jou mond verbrand gaan loop 'n draai of lees koerant

Pappa beer sê kom ons stap en laat die pap afkoel
Die drie gaan vir 'n wandeling by hul huis kom daar 'n vreemdeling
Gouelokkies was haar naam sy gaan die huisie in
Sy sien toe daardie lekker pap terwyl die bere rustig stap

Gouelokkies wat maak jy kry jy dan nie skaam
Hoe het jy daardie huis gekry die huis waar die drie bere bly
Gouelokkies wat maak jy alleen daar in die woud
Om in te breek is baie stout of was dit maar net baie koud

Sy sien drie borde in 'n ry en raak toe baie bly
Sy eet 'n hap van elke bak en alles van klein beer se pap
Klein beer se stoel was te klein vir haar sy breek die stoel se poot
Sy raak toe vaak en gee 'n gaap op klein beer se bed raak sy aan die slaap

Gouelokkies wat maak jy kry jy dan nie skaam
Hoe het jy daardie huis gekry die huis waar die drie bere bly
Gouelokkies wat maak jy alleen daar in die woud
Om in te breek is baie stout of was dit maar net baie koud

Die bere kom toe by die huis en al drie staan verbaas
Pappa beer die staan en grom en baba beer staan reg langs hom

(Wie het van my pap geëet)
(Wie het van my pap geëet)
(Wie het al my pap op geëet) Wil baba beertjie te graag weet

(Wie het op my stoel gesit)
(Wie het op my stoel gesit)
(Wie het my stoeltjie gebreek) Wil baba beertjie te graag weet

(Wie het in my bed geslaap)
(Wie het in my bed geslaap)
(Kyk wie lê in my bed en geslaap) En Gouelokkies gee 'n gaap

Gouelokkies wat maak jy kry jy dan nie skaam
Hoe het jy daardie huis gekry die huis waar die drie bere bly
Gouelokkies wat maak jy alleen daar in die woud
Om in te breek is baie stout of was dit maar net baie koud

Gouelokkies skrik haar dood die pappa beer was groot
Kyk wat het nou daar gebeur klein beer se hart is baie seer
(Jammer tannie)
(Jammer oom)
(Jammer klein ou beer)
(Ek sal net gou jou stoel reg maak dan bly ons tweetjies goeie maats)

(Dis reg) Sê ma en pappa beer
(Maar die moet jy onthou)
Ander se goed moet jy uitlos al is ons bere in die bos veral ons stoele en ons kos

Curiosità sulla canzone Gouelokkies di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “Gouelokkies” di Carike Keuzenkamp?
La canzone Gouelokkies è stata rilasciata nel 2011, nell’album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 8”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)