Die Padda Wou Gaan Opsit

Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, haham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, haham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
Maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry
Haham, haham, haham

Hy vra toe 'n vuurvlieg om sy lig uit te huur, haham
Hy vra toe 'n vuurvlieg om sy lig uit te huur, haham
Hy vra toe 'n vuurvlieg om sy lig uit te huur
Die vuurvlieg sê ja, teen ‘n sent per uur
Haham, haham, haham

Die twee loop toe af na die nooi se huis, haham
Die twee loop toe af na die nooi se huis, haham
Die twee loop toe af na die nooi se huis
Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis
Haham, haham, haham

Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen, haham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen, haham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen
Het hy hierdie onstellende nuus verneem
Haham, haham, haham

Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgesweis, haham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgesweis, haham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgesweis
Hy sou moes opsit saam met padda en sy muis
Haham, haham, haham

Die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur, haham
Die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur, haham
Want ‘n opsitklig teen ‘n sent ‘n uur
En 'n luistervink daarby is gans te duur
Haham, haham, haham
Haham, haham, haham
Haham, haham, haham

Curiosità sulla canzone Die Padda Wou Gaan Opsit di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “Die Padda Wou Gaan Opsit” di Carike Keuzenkamp?
La canzone Die Padda Wou Gaan Opsit è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Timothy”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)