Die Dag Gly Verby

Die oggend word rooi en die dag se kombers word gebêre
Die blomme se kleurvolle kelke maak oop vir die dag
Dou druppels gly-gly die aarde wag bly-bly tevrede
(En diep in die woud bo die wêreld die smurfies ontwaak)

Die oggend is goud geel gekleur deur die sonlig se strale
Die wonder van dagbreek 'n sprokie gebeur elke dag
Ek luister aandagtig na die woud en sy mooiste geluide
(En diep in die woud, 'n gewerkskaf waar die smurfies baljaar)

Die dag gly verby en die laat middag roep al die skemer
Die wêreld word stiller die hemel se kleure word sag
Die skaduwees rek-rek die skemer wat trek-trek die woud in
(En diep in die woud is, die smurfies se dagtaak verby)

Die donker se vaak laat alles weer slaap soete drome
'n Duifie se koer net 'n laaste probeer in die nag
Alles wat lewe slaap rustig tevrede, tevrede
(En diep-diep in droomland, voel ek hoe die smurfies baljaar)

Curiosità sulla canzone Die Dag Gly Verby di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “Die Dag Gly Verby” di Carike Keuzenkamp?
La canzone Die Dag Gly Verby è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Carike In Smurfland”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)