As My Hartjie Seer Is - Dankies

As my hartjie seer is dan vertroos U my
En as ek soms alleen is, is U altyd by
As ek iets verkeerds doen, dan vergeef U my
Ek wil my hele lewe, Here by U bly

Mamma wat vol liefde is, wat my versorg en leer
Pappa wat my altyd help, vir hulle dankie Heer
Dankie Heer, dankie Heer

Dankie vir ons kos O Heer, om elke dag te eet
Vleis en groente, brood en melk, ons kan U nooit vergeet
Dankie Heer, dankie Heer

Dankie vir ons skool o Heer, vir juffrou wat ons leer
Somme maak en woorde spel, gaan ek my bes probeer
Dankie Heer, dankie Heer

Dankie vir die bybel Heer, wat mamma vir my lees
Daaruit kan ek altyd hoor hoe om U kind te wees
Dankie Heer, dankie Heer

Dankie Heer dat ek kan speel, dat ek kan lag en sing
Ook vir al my maatjies Heer, vir elke elke ding
Dankie Heer, dankie Heer
Amen

Curiosità sulla canzone As My Hartjie Seer Is - Dankies di Carike Keuzenkamp

Quando è stata rilasciata la canzone “As My Hartjie Seer Is - Dankies” di Carike Keuzenkamp?
La canzone As My Hartjie Seer Is - Dankies è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Kom Sing En Loof”.

Canzoni più popolari di Carike Keuzenkamp

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)