Seerkryliedjie

Hier was te veel pyn, hier
Hier het ek seergekry
Hier was te veel hartseer hier
Hierdie lewe my bed gekry

Ek was nog klein hier
Hierdie kind geglo in my
Dit was my speelplek hier
En 'n droom het gebly in my

Dit is verby
Dit is verby
Dit is verby
Dit is verby

Vat my nou weg van hier
Hier het ek my droom verloor
Hier het bitter sy fees gevier
Hier het eensaam my naam gehoor

Dis nooit weer dieselfde hier
Dit was gister 'n ander plek
Dis sonsak en skemer hier
En dis tyd om nou weg te trek

Dit is verby
Oe dit is verby
Dit is verby
Dit is verby

Oe kyk nog 'n laaste keer
Na hier waar my kleintyd lê
Ek bêre die laaste seer
Voor ek more totsiens sal sê

Dit is verby
Oe it is verby
Dit is verby
En ek kyk nooit weer terug

Curiosità sulla canzone Seerkryliedjie di Sonja Herholdt

Quando è stata rilasciata la canzone “Seerkryliedjie” di Sonja Herholdt?
La canzone Seerkryliedjie è stata rilasciata nel 1999, nell’album “Môre sal die son weer skyn”.

Canzoni più popolari di Sonja Herholdt

Altri artisti di Afrikaans