Straattroebadoere

Tussen die donker geheime van die nag speel die straattoebadoere
Konka-concerto’s vir die Suiderkruis, Melkweg en Maan
Hartseer konsertinas vir die gloeikool-ballerinas van die straattroebadoere
Die prinse van die boendoe, grammadoelaboendoe verlang
En die vure in hul oë wys waar die Dixieland paradys hang

Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte praat
Stap saam na waar die straattroebadoere
Die twintigste eeu agterlaat

Tussen die donker geheime van die nag speel die straattoebadoere
Konka-concerto’s vir die Suiderkruis, Melkweg en Maan
Hartseer konsertinas vir die gloeikool-ballerinas van die straattroebadoere
Die prinse van die boendoe, grammadoelaboendoe verlang
En die vure in hul oë wys waar die Dixieland paradys hang

Curiosità sulla canzone Straattroebadoere di Sonja Herholdt

Quando è stata rilasciata la canzone “Straattroebadoere” di Sonja Herholdt?
La canzone Straattroebadoere è stata rilasciata nel 2002, nell’album “Sonjare”.

Canzoni più popolari di Sonja Herholdt

Altri artisti di Afrikaans