Môre Sal Die Son Weer Skyn [Collaboration]

Billy Paulson

In vriespuntdialek
Voer die winter sy gesprek
Sy tyding is koud en kul
Met temperatuur van nul

Soms hoor ek
As hy praat
As die sonskyn my verlaat

‘n Kliniese debat
In die krisis van die hart
Sy woordeskat is klein
Al wat hy spel is pyn

Soms hoor ek
As hy fluister
O hy dwing my om te luister

Maar môre sal die son weer skyn
Dis die lewe se mooiste refrein
Hoor dit as jou hoop wil kwyn
Môre sal die son weer skyn

Môre sal die son weer skyn
Dis die lewe se mooiste refrein
Hoor dit as jou lied wil kwyn
Môre sal die son weer skyn

Die ysige
Berat
In sombere gewaard
Geboorte plek van leed
Waar brose harte breek

Soms voel ek
Hoe hy seermaak
As ek winternagte deurmaak

Maar ek het my verweer
Teen hierdie winter seer
Seisone moet versluit
My wapen is die tyd

Want ek weet dat die somer kom
As die perskebome blom

Maar môre sal die son weer skyn
Dis die lewe se mooiste refrein
Hoor dit as jou hoop wil kwyn
Môre sal die son weer skyn

Môre sal die son weer skyn
Dis die lewe se mooiste refrein
Hoor dit as jou lied wil kwyn
Môre sal die son weer skyn

Hierdie maan kom skyn my stukkend vanaand
Die kouers kyk sy witte wyn
Die donker sing van swart vanaand
Maar môre sal die son weer skyn

Môre sal die son weer skyn
Dis die lewe se mooiste refrein
Hoor dit as jou hoop wil kwyn
Môre sal die son weer skyn

Môre sal die son skyn
Dis die lewe se mooiste refrein
Hoor dit as jou lied wil kwyn
Môre sal die son weer skyn

Curiosità sulla canzone Môre Sal Die Son Weer Skyn [Collaboration] di Sonja Herholdt

Quando è stata rilasciata la canzone “Môre Sal Die Son Weer Skyn [Collaboration]” di Sonja Herholdt?
La canzone Môre Sal Die Son Weer Skyn [Collaboration] è stata rilasciata nel 1999, nell’album “Môre sal die son weer skyn”.
Chi ha composto la canzone “Môre Sal Die Son Weer Skyn [Collaboration]” di di Sonja Herholdt?
La canzone “Môre Sal Die Son Weer Skyn [Collaboration]” di di Sonja Herholdt è stata composta da Billy Paulson.

Canzoni più popolari di Sonja Herholdt

Altri artisti di Afrikaans