Die Mense Wat Ek Lief Het

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

En as daar 'n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
'n Ekstra liefdeslaag om my

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my menskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my menskombersie

Curiosità sulla canzone Die Mense Wat Ek Lief Het di Sonja Herholdt

Quando è stata rilasciata la canzone “Die Mense Wat Ek Lief Het” di Sonja Herholdt?
La canzone Die Mense Wat Ek Lief Het è stata rilasciata nel 1978, nell’album “Waterblommetjies”.

Canzoni più popolari di Sonja Herholdt

Altri artisti di Afrikaans