Pêrels En Saffier

Jy lê hier op ‘n dekstoel
Op my oopbalkon
‘n Ligte briesie speel deur oop skyfdeure
Draai spoke in die kantgordyn

My hande huiwer waar pêrels en saffier
Oor jou rug kom speel en fyn haartjies rys
Wat vra vir die streel
Van vingerpunte wat jy voel
Soms innig soms ligsinnig

Saffran speel oor die see
As die sonsak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die laaste lig
Om jou groet die dag

Buite spat die kleure oor die horison
En binne vloei die rooiwyn deur verhale
Draai spoke deur die kristal

Die slaap kom huiwer oor lakens vir satyn
En buite hang die maan teen oop skuifdeure
Draai spoke teen die donker muur

Saffran speel oor die see
As die sonsak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die laaste lig
Om jou groet die dag

Mmm saffran speel oor die see
As die sonsak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die laaste lig
Om jou groet die dag

Saffran speel oor die see
As die sonsak tussen lyne van purper en smarag
Jy bind my met jou glimlag
In die vroegaand lig (In die vroegaand lig)
Mmm om jou groet die nag

Canzoni più popolari di Neil Somers

Altri artisti di Folk rock