Ek Sou

Wil jy weet wat jy verloor het?
Hoeveel liefde ek nog in my hart gestoor het
Wat ek vir jou sou gee as jy so stop voor daardie deur
Wil jy weet, wil jy weet?

Wil jy weet hoe ek baklei
Teen herinnerings van jou en my?
Die nagte raak te veel as ek net een kans kon steel
Wil jy weet of vergeet?

Ek sou al my kaarte draai my eie kop veraai
Die koningin van harte op my mou dra
Ek sou al jou hande roep as ek weet ek het genoeg
En vou as ek vermoed jy het te min en oor begin

Wil jy weet wat ek wil sê?
Of is al jou kaarte neer gelê?
Is daar fotos wat jy dalk nog van ons oor het?
Het jy alles klaar verbrand en aanbeweeg?

Ek sou al my kaarte draai my eie kop veraai
Die koningin van harte op my mou dra
Ek sou al jou hande roep as ek weet ek het genoeg
En vou as ek vermoed jy het te min en oor begin

Die bewyse lê nog daar
Tussen lakens van satyn is ons harte openbaar
Jy kan alles net so los dit gaan te veel van jou hart kos
As jy voel dit is te laat en als aanvaar

Ek sou al my kaarte draai my eie kop veraai
Die koningin van harte op my mou dra
Ek sou al jou hande roep as ek weet ek het genoeg
En vou as ek vermoed jy het te min en oor begin

Wil jy weet wat jy verloor het?
Hoeveel liefde ek nog in my hart gestoor het?
Wat ek vir jou sou gee as jy so stop voor daardie deur?
Wil jy weet?

Canzoni più popolari di Neil Somers

Altri artisti di Folk rock