Jy Slaan My Asem Weg

Hier is ek
By die mooiste vrou haar oë wat my na haar toe trek
Jou gedunstelyf hier langs my lê jy uitgestrek
Ja jy’s myne vandag en elke ander dag

Wat het jy
Gedoen dat ek so vasgevang in jou wil bly?
Dat ek elke dag wil sê hoe mooi jy lyk vandag
Jou mond en jou lag gee my asem terug vir my

Jy slaan my asem weg vanaand
Jy laat my wonder of ek droom
Dat ek ‘n engel vashou

Hoe sal ek my oë van jou af hou?
Hoe sal my hart dit ooit kan hou?
Want jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg

Hier is jy
In die woorde wat ek skryf hier in die droom voor my
Ek sê vir jou die wêreld sal nie mooier kry
Jy’s myne vanaand en elke ander aand

In jou oë
Is die rede dat ek asem haal en sal jy glo
As ek sê dat jy my wêreld draai in elke dag?
My hart wat wag om sy ritme by jou te kry

Jy slaan my asem weg vanaand
Jy laat my wonder of ek droom
Dat ek ‘n engel vashou

Hoe sal ek my oë van jou af hou?
Hoe sal my hart dit ooit kan hou?
Want jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg

Ek sal net hier bly hier in die oomblik saam met jou
Hoe gelukkig is ek om te weet jy is my vrou?

Jy slaan my asem weg
Ek sal jou my engel vashou
Vashou

Hoe sal ek my oë van jou af hou?
Hoe sal my hart dit ooit kan hou?
Want jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg

Canzoni più popolari di Neil Somers

Altri artisti di Folk rock