Jou asem teen my

Ek bederf weer vanoggend myself
En ek kyk na jou as jy slaap
Ek besef net weer jy’s natuurlik mooi
Aan jou is ek verslaaf

Waarom vat ‘n mens so lank
Om raak te sien wat voor jou is?
Waarom moet mens eers iets weggooi
Om dit elke dag te mis?

Ja jou asem teen my lyf
Sal die demons verdryf
En weer my siel kom heelmaak
As jy net aan my raak

As ek met myself stry
En probeer om dit klein te kry
Vang jou donkerbruin oë my
Ek vra sal jy by my bly?

Vir altyd is jou antwoord
‘n Gevoel slaan deur my lyf
Jou smile het al die twyfel
Uit my binneste verdryf

Ja jou asem teen my lyf
Sal die demons verdryf
En weer my siel kom heelmaak
As jy net aan my raak

Ja jou asem teen my lyf
Sal die demons verdryf
En weer my siel kom heelmaak
As jy net aan my raak

Ja jou asem teen my lyf
Het die demons verdryf
En weer my siel kom heelmaak
Toe jy net aan my raak

Ja jou asem teen my lyf
Het die demons verdryf
En weer my siel kom heelmaak
Toe jy net aan my raak

Canzoni più popolari di Neil Somers

Altri artisti di Folk rock