Foto

Ek en jy staan agter glas
In ‘n houtraam ingepas
Kinders van ‘n ander tyd
Vasgeketting in ewigheid

Ek en jy op glanspapier
Met ons rûe teen die muur
Daai dag nou so lank verby
Maar jou smile lyk tog soos nou en hier

Ek en jy ek en jy
Sien ons lewens vlieg verby
Ek voel ek ry op ‘n trein
Wat nooit ‘n stasie kry

Ek gaan altyd verder weg
Jy bly vir altyd hier
En al wat van ons oor is is daai foto
Teen die muur

Ek en jy nog langs mekaar
In die onskuld verewig nou bewaar
Maar die sadness in jou oë sê die einde was dalk toe reeds daar

Ek en jy gevries in tyd
‘n Flash of light in die ewigheid
Maar die prentjie teen die muur
Lyk vir my soos geluk
En nie soos afskeid nie

Ek en jy ek en jy
Sien ons lewens vlieg verby
Ek voel ek ry op ‘n trein
Wat nooit ‘n stasie kry

Ek gaan altyd verder weg
Jy bly vir altyd hier
En al wat van ons oor is is daai foto
Teen die muur

Ek en jy ek en jy
Sien ons lewens vlieg verby
Ek voel ek ry op ‘n trein
Wat nooit ‘n stasie kry

Ek gaan altyd verder weg
Jy bly vir altyd hier
En al wat van ons oor is is daai foto
Teen die muur
Daai foto
Teen die muur

Canzoni più popolari di Neil Somers

Altri artisti di Folk rock