Swart September

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Plant vir my 'n Namibsroos
'n Verafgeleë welwitschia
Hervestig hom in Hillbrow
En doop hom Khayelitsha

September is die mooiste
Mooiste maand
Viooltjies in die voorhuis
En riots orals oor die land

Die aand was dit vrolik om die vure
Gatiep was olik by die bure
Die tyres het gebrand daar in Mannenburg se kant
Al die volk was hoenderkop
Die Casspirs was vol guns gestop

En die vroue by die draad
Het eerste die gedruis gehoor
Tjank maar Rachel oor jou kind
Die boere het hom doodgemoer

Groot masjiene oor die land
September '84
Die seisoen wat brand en aanhou brand
'n Lente bleek en dor

Waar swartes sonder pas
Nog skuifel langs die mure
En Niemandsland se as nog waai
Oor Niemandsland se vure

Die swarte sonder pas
Ja, die swarte sonder pas
Skuifel langs die mure
Verlustig hom in derde klas

In Langstraat
Waar die cafes nog oop is tot laat in die angry nag
Het ek my dolla
Slaptjips loop haal en ek moes half an hour staan en wag

Van Tafelbaai tot in Transvaal loop hensoppers weer deesdae kaal
Maar is jy wit, bruin, swart of geel
Kak almal in die sameste taal

Sou jy haar tog liefhê
Die ongerymde moedertaal
Besef jy sy's met clones en pigeons landwyd op die paal

Ooh, die hart is bitterkos
Kyk hoe hy's met pap en wors

Dat liefde so tot haat kon gis
Dat reforms so kon afwas
Gonna, AIDS en sifilis
Groei wild waar eers beloftes was

Groot masjiene oor die land
Swart September '84
Wat oorkook in 'n noodtoestand
'n Lente bleek en dor

Waar swartes sonder pas
Nog skuifel langs die mure
En Niemandsland se as nog waai
Oor Niemandsland se vure

Uit die blou van ons twee skole
Uit die diepte van ons heimwee
Oor ons ver verlate Homelands
Waar die tsotsies antwoord gee

Oor ons afgebrande skole
Met die kreun van honger kinders
Reis die stem van al die squatters
Van ons land, Azania

Ons sal traangas, ons sal Treurnicht
Ons sal klipgooi als jy vra
Ons sal dobbel in Sun City
Ons vir jou, Suid-Afrika

Curiosità sulla canzone Swart September di Koos Kombuis

In quali album è stata rilasciata la canzone “Swart September” di Koos Kombuis?
Koos Kombuis ha rilasciato la canzone negli album “Niemandsland” nel 1985, “Niemandsland and Beyond!” nel 1985, e “Koos Kombuis” nel 2009.
Chi ha composto la canzone “Swart September” di di Koos Kombuis?
La canzone “Swart September” di di Koos Kombuis è stata composta da ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Canzoni più popolari di Koos Kombuis

Altri artisti di