Alleen

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Die son sak so stadig oor my ruïnes van leuens
Daar's geen beeld in my spieël nie, ek is verstommend alleen
Alleen in die stilte
Alleen met die kulte
Alleen met 'n klein bietjie wyn
Alleen met my lyf so vol pyn

Alleen met die aandwind sit ek nou hier
Gestroop van my maskers met niks om te vier
Ek was so haastig, so lastig
So gou met daai mes
So gretig om almal om my aan te val en te kwes
Toe leer ek my les

Ek wens ek was vroeër en nee's van die kwaad
Moes jou eerder vergewe, is dit nou te laat?
Ek pluk nou die vrugte van verwyte wat byt
Die teer gevoel van my bitterheid
Afgesluit van my vriende, verskans in my smart
'n Al donkerder hart

Alleen met die stilte
Alleen met die kulte
Alleen met my lyf so vol pyn
Alleen met 'n glas sonder wyn

Curiosità sulla canzone Alleen di Koos Kombuis

Quando è stata rilasciata la canzone “Alleen” di Koos Kombuis?
La canzone Alleen è stata rilasciata nel 2017, nell’album “Langpad Na Lekkersing”.
Chi ha composto la canzone “Alleen” di di Koos Kombuis?
La canzone “Alleen” di di Koos Kombuis è stata composta da ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Canzoni più popolari di Koos Kombuis

Altri artisti di