Suid Van Capricorn
Hier sit ons suid van Capricorn op stasies van verlange rond
Ons reëls en sang is monotoon, maar ons repertoire bly bont
'n Ryk man het ons hier gelos met vakansie oor die mediaan
Nou blaas ons vuurtjies, kook ons kos, kyk hoe die treine kom en gaan
Hier sit ons suid van Capricorn en sprei ons mantels oor die grond
Ons ken die sonsteek van God's toorn, die nag-tjank van die wildehond
Die mense lag en sê, ag ja, ons vrouens baar, ons kinder soog
Maar sou jy om die antwoord vra dan sis die staal in elke oog
Maar jy's my stiefkind van die hood, jy lê by my so klein en soet
Ek voel die kluite van jou lyf, ek proe die steenkool in jou bloed
Hier sit ons suid van Capricorn op stasies van verlange rond
Jou hande is vol grys en daar's 'n soutsmaak in jou mond
Jy's Ingrid Jonker in die donker met seewiere in jou hare
Jy's Karen Zoid en Omobriel se rock en roll kitare
Jy's Mabelel, jy's Kytie, jy't 'n naam maar nie 'n van nie
You're a dressing gown of cotton in a land of silk an money
Hier sit ons suid van Capricorn op stasies van verlange rond
Ons hinker na 'n toekoms saam aan ons verlede se wond