Stille Water

Is daar nog lewe op ons planeet
Die dorre aarde gaan ons opeet
Die son brand skerper, die lug word rooi
Riviere droog, vol junk gegooi

Is daar 'n antwoord op ons gebed
Is hierdie klipwerf al wat ons het
Wie hou ons dop, wie hoor ons klag
Wie teken sirkels in die nag

Stille water, diepe grond
Onder draai die aliens rond
In die hemel was daar 'n val
Oneindig hoog, oneindig mal

Die einde kom net soos 'n dief
Gordyne sak oor leed en lief
Die laaste bruilof, die laaste dans
Kop sewentien, verspulde kans

Terwyl die leiers hul hande wring
Is dit net ons wat nog wil sing
Van hoop en skoonheid, van durf en daad
Ons moet nou gou maak, want dit word laat

Stille water, diepe grond
Onder draai die aliens rond
In die hemel was daar 'n val
Oneindig hoog, oneindig mal

Is daar nog lewe op ons planeet
Is daar nog woorde wat ek kan eet
Is daar nog prentjies om in te glo
Is daar 'n trap tot iewers bo

Is daar nog engele, is daar nog troos
Is daar 'n god of is hy boos
Is daar 'n rede vir die gemors
Is daar genesing vir my dors

Stille water, diepe grond
Onder draai die aliens rond
In die hemel was daar 'n val
Oneindig hoog, oneindig mal

Stille water, diepe grond
Onder draai die aliens rond
In die hemel was daar 'n val
Oneindig hoog, oneindig mal

Curiosità sulla canzone Stille Water di Koos Kombuis

Quando è stata rilasciata la canzone “Stille Water” di Koos Kombuis?
La canzone Stille Water è stata rilasciata nel 2012, nell’album “Dertien”.

Canzoni più popolari di Koos Kombuis

Altri artisti di