Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Sestien jaar, ‘n Rock-’n-Roll zombie, babbelaas en bot in ‘n boot van ‘n combie
Op ‘n plak en oppikoppi, stad kappe Stellenbosch vir sewe sikkels silwer en ‘n bord vol kos

Onthou jy nog vir bongo Jerrie, dink jy nog aan Nick?
En Dapper Jannie, Dagga-Dirk en Valiant en Piet?
L’Amour was die koning op die lead kitaar
Maar Gawie was gekroon as casinova van die jaar

Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar
Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar?

In die begin was ons min, maar ons wil was sterk
Om vir die god van Rock-’n-Roll en vir sy kerk te werk
Die wapad was ons woning, die sterre ons plafon
Ons het getokkel en gesing vir ons plekkie in die son

Tussen ‘n muur en ‘n skuur en ‘n hoender battery
Langs ‘n wingerd en ‘n dam het ons verniet gebly
Ons kon droom, ons kon dig, ons was honger, ons was maer
Die toekoms was verseker in ‘n daggablaar

Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar
Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar?
Weet ma hoe lank is sestien jaar?

Roekeloos in Rockey Straat, desperaat in Dorpstraat
Lippe oppie klippe met ‘n sukkelende clutchplaat
Die bakkie het gehou, maar ons go was uit, toe breek ons maar ‘n venster in vermaaklikheid

Doobies op die dashbord, klippe in die pad
En Bowie op die boombox, sit hom in rat
Watter kant is Worcester, waar is die bar?
Piele op die wiele al vir sestien jaar

Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar
Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar?
Weet ma hoe lank is sestien jaar?
Weet ma hoe lank is sestien jaar?

Dit was die nag van die diktator, die uur van die dier
Dit was die koudste winter ooit daar langs die Hennopsrivier
Piet Retief is vooruit om vir die kakies te loop sing
Ons het gewag vir de la Rey om die tyding te bring

Met Ouma Smuts op die wakis en Smuts aan die stuur
Was die oorwinning my Magaliesberg van korte duur
Die producer het gesweet, maar die drummer het geweet
Die platemaatskappy gaan ons vir breakfast eet

Dof in die kop, van die wal in die sloot
Beskinder in De Kat en in Die Huisgenoot
Reporters op die lughawe het vlieë in die salf
Kom ons bel die Vrye Weekblad, kom ons moan oor Ralph

Double-Cross en treachery en leuens en verraad, nog ‘n toer in sy moer, nog ‘n gat in draad
Nog ‘n selfmoord in die sirkus, nog ‘n band in gevaar
Nog ‘n rondte brandewyn vir almal in die bar

Sestien jaar, sestien jaar, sestien jaar met ‘n vals kitaar
Sestien jaar, sestien jaar, weet ma hoe lank is sestien jaar?
Weet ma hoe lank is sestien jaar?
Weet ma hoe lank is sestien jaar?
Weet ma hoe lank
Is sestien jaar

Curiosità sulla canzone Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar di Koos Kombuis

Quando è stata rilasciata la canzone “Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar” di Koos Kombuis?
La canzone Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar è stata rilasciata nel 2002, nell’album “Equilibrium”.
Chi ha composto la canzone “Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar” di di Koos Kombuis?
La canzone “Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar” di di Koos Kombuis è stata composta da ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Canzoni più popolari di Koos Kombuis

Altri artisti di