Picasso Se Song
My hart is in 'n speaker boks gebêre in wit Wellington
Hy's gewoond aan AC/DC speel maar die metafoor is Breyten s'n
Namakwaland kweek drome
Na elke jaar se reën
En Joburg lyk soos Rome
Net sonder hart of been
Picasso sou kon lekker bly in Hartenbos se hand
En Shakespeare sou kon poetry skryf op Mosselbaai se sagte sand
In ons land van steel en bedel
Soek jy telkens na jou rus
Op die trein van toek na vrede of die Melville party bus
Want wense kos net tiekies
Op die plekke langs die pad
Dit hang af wie jou wens kies, dis belangrik wie hom vat
Picasso sou kon lekker bly in Hartenbos se hand
En Shakespeare sou kon poetry skryf
Op Mosselbaai se sagte sand
In jou flat in Hilbrow saans
Sit ons op jou balcony
En ons sing van hoe ons dans
Al weet ons dat ons kan nie
My hart is in 'n speaker boks gebêre in wit Wellington
Hy's gewoond aan AC/DC speel maar die memories is ons s'n