Oorlog Van Die Lem

Die babbelaas was fokkol teen die bomskok
Die anargie was fokkol teen die opfok
Die nagmerries was fokkol teen die elke dag se vrees
Die jippo guts was fokkol teen die stories wat jy lees

Van crack in die lokasies en messe in die straat
Is steeds gister se oop wonde wat nog oopbloei, wat nog praat

Dis die etter in die swere van 48 se vloek
Dis al die trane wat ons inhou, al die name in God’s boek
Van die martyrs van die struggle en die heroes sonder stem
Dit was Afrika se vuurdoop, dit was die oorlog van die lem

En tot vandag is dit die mense sonder kos in hulle pense
Wat loop en krap in vullisblikke, en wat sterf in ongelukke
Soos die mini-bussies omval en die tsotsies skree en skiet

In hierdie land van bloed en weerwraak, hierdie skrikkeljaar-gebied
Tussen die rainbow en die riots, die Rizlas en die rush
En die skrale troos van Castle vir al die swartes sonder pas

Dis die etter in die swere van 48 se vloek
Dis al die trane wat ons inhou, al die name in God’s boek
Van die martyrs van die struggle en die heroes sonder stem
Dit was Afrika se vuurdoop, dit was die oorlog van die lem

Die babbelaas was fokkol teen die bomskok
Die anargie was fokkol teen die opfok

Tog vlam ons hoop weer redeloos oor die sunset van ons taal
Wat doen ons na 2000, dra ek ‘n trui of slaap ek kaal?
Is daar ‘n method in die madness van ‘n baie ou verhaal?

Dis die etter in die swere van 48 se vloek
Dis al die trane wat ons inhou, al die name in God’s boek
Van die martyrs van die struggle en die heroes sonder stem
Dit was Afrika se vuurdoop

Ja, dis die etter in die swere van 48 se vloek
Dis al die trane wat ons inhou, al die name in God’s boek
Van die martyrs van die struggle en die heroes sonder stem
Dit was Afrika se vuurdoop, dit was die oorlog van die lem

Curiosità sulla canzone Oorlog Van Die Lem di Koos Kombuis

In quali album è stata rilasciata la canzone “Oorlog Van Die Lem” di Koos Kombuis?
Koos Kombuis ha rilasciato la canzone negli album “Blou Kombuis” nel 2000 e “Equilibrium” nel 2002.

Canzoni più popolari di Koos Kombuis

Altri artisti di